1 00:00:00,800 --> 00:00:06,920 Om die evolusie van die vroeë heelal te verstaan, is 'n belangrike aspek van moderne sterrekunde. 2 00:00:07,720 --> 00:00:10,980 Een besonder belangrike era in daardie vroeë dae was 3 00:00:11,140 --> 00:00:16,320 die tyd van reïonisasie, waartydens die eerste sterre gebore is. 4 00:00:17,440 --> 00:00:21,100 Hubble het ons 'n eerste blik in daardie tyd gegee 5 00:00:21,280 --> 00:00:26,020 maar die James Webb Space Telescope sal die deur wyer oop druk 6 00:00:41,260 --> 00:00:46,540 13.8 biljoen jaar gelede het die heelal begin met die Oer Knal. 7 00:00:46,540 --> 00:00:51,500 Aanvanklik was die heelal 'n smeltkroes van warm vry bewegende deeltjies. 8 00:00:52,520 --> 00:00:59,380 Soos dit afgekoel het, het die protone en neutrone gekombineer en vry elektrone aangetrek om 9 00:00:59,540 --> 00:01:04,660 neutrale atome te vorm, meestal waterstof, maar ook helium. 10 00:01:06,860 --> 00:01:13,500 Hierdie gebeurtenis, genaamd rekombinasie, het die heelal sonder vrye elektrone gelaat en `n waterstofmis het 11 00:01:13,520 --> 00:01:18,750 dwarsdeur dit versprei. Die wolke van waterstof sou uiteindelik ineenstort en 12 00:01:18,750 --> 00:01:23,300 die eerste sterre vorm, maar hierdie proses was baie geleidelik. 13 00:01:26,340 --> 00:01:33,980 Vir miljoene jare sou die heelal geen bronne van lig hê nie. Die kosmiese donker eeue het begin. 14 00:01:35,960 --> 00:01:40,740 Daarna begin die swaartekrag van digter gebiede om die materie rondom hulle aan te trek. 15 00:01:41,280 --> 00:01:47,260 Hierdie gebiede het ineengestort om die eerste sterre en sterrestelsels te word, wat uiteindelik begin skyn het. 16 00:01:48,100 --> 00:01:53,040 Danksy rekombinasie was daar geen vry elektrone om die sterlig op te breek , 17 00:01:53,040 --> 00:01:58,480 so dit kon vrylik deur die heelal beweeg, en eindig die kosmiese donker eeue. 18 00:02:01,000 --> 00:02:09,240 Die eerste sterre was massief en energiek genoeg om die omliggende waterstofatome weer van hul elektrone af te stroop. 19 00:02:09,940 --> 00:02:14,800 Hierdie tydperk word die epoks van reionisasie genoem 20 00:02:15,480 --> 00:02:19,720 Hierdie era het waarskynlik begin so vroeg as 400 miljoen jaar , 21 00:02:19,720 --> 00:02:24,380 na die Oer Knal, en dit het vir 'n paar honderd miljoen jaar geduur 22 00:02:26,660 --> 00:02:32,400 Daar is baie wat ons nie weet van hierdie tyd in die heelal se geskiedenis en selfs 23 00:02:32,400 --> 00:02:39,000 Hubble se buitengewone kameras kan net 'n paar helder sterrestelsels van daardie tyd af waarneem. 24 00:02:40,680 --> 00:02:45,220 Tog het Hubble van die mees gedetailleerde inligting verskaf wat ons het, 25 00:02:45,260 --> 00:02:50,900 oor die oorvloed en eienskappe van die vroegste stervormende sterrestelsels. 26 00:02:52,740 --> 00:02:58,980 Alhoewel sekere antwoorde verkry is, het die resultate deur Hubble verskaf ook meer vrae geopper. 27 00:02:59,620 --> 00:03:05,080 Wanneer en hoe het die eerste sterre gevorm? En wanneer het die eerste sterrestelsels verskyn? 28 00:03:07,800 --> 00:03:11,660 Hoe het die bestraling van die eerste sterre onsnap uit die stowwerige 29 00:03:11,700 --> 00:03:16,660 omgewing van hul ouer-sterrestelsels om die materie tussen die sterrestelsels te ioniseer 30 00:03:19,360 --> 00:03:24,540 Was die eerste sterre regtig kragtig genoeg om die heelal te reioniseer, 31 00:03:24,540 --> 00:03:27,800 of het bykomende aktiewe swartgate ook `n rol gespeel? 32 00:03:30,080 --> 00:03:34,780 Die komende NASA / ESA / CSA James Webb-ruimteteleskoop 33 00:03:34,780 --> 00:03:40,000 met sy infrarooi sensitiewe kameras en reuse-ses punt vyf meter spieël, 34 00:03:40,120 --> 00:03:44,680 sal ons kan leer oor hierdie vroeë dae van die heelal 35 00:03:44,680 --> 00:03:49,380 James Webb sal die heelal deur lang golflengtes verken, 36 00:03:49,480 --> 00:03:55,040 en verder in di verlede inkyk om inligting te versamel oor presies hoe en wanneer 37 00:03:55,040 --> 00:03:58,140 die tydperk van reionisering plaasgevind het. 38 00:03:58,820 --> 00:04:01,500 Dit sal meer lig werp op die epoks, 39 00:04:01,580 --> 00:04:06,500 waartydens die eerste sterre die heelal begin verhelder het. 40 00:04:06,840 --> 00:04:14,220 Ons is reg om deur die natuur verras te word en ons grootste verbeelding te oortref.